Geskryf deur Llewellyn Prince
‘Onvoorwaardelike apologie’ van besorgdes oor apartheid
Apartheid is ‘n misdaad teen die mensdom én moreel onverdedigbaar. Só het ‘n groep vooraanstaande Afrikaanse Suid-Afrikaners “wat deur apartheid bevoordeel is” Sondag in ‘n gesamentlike verklaring verklaar, waarin hulle ook hul ontsteltenis uitgespreek het oor die “onsensitiewe en deursigtige” onlangse pogings om bogenoemde te ontken.